Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. Carlie Schiel 1. Sondag, 09 Aug. 09:00 – Erediens 2. Maandag, 10 Aug. Publieke Vakansiedag – Kantoor gesluit. 3. Woensdag, 12 Aug. 17:00 – Barmhartigheidsvergadering 18:30 - Kerkraadsvergadering 4. Ds. Dirk verlof Ds. Dirk sal met verlof wees vanaf 30 Julie tot 11 Augustus 2026. Kontak asb. die kerkkantoor vir enige hulp gedurende hierdie tyd. 5. Seilespan Channel Die gemeente het ‘n Whatsapp Kanaal waarop al die inligting rakende die gemeente deurgegee word. Indien jy nog nie op die kanaal is nie kontak asb. Atha by die kantoor op 016 371 1405 (whatsapp) om die skakel te ontvang. 6. 21 Aug. 2026 GHOLFDAG – HERONS BANK Vir meer inligting kontak die kantoor of Renita op 082 416 1710 7. Broodblik Daar sal elke Sondag buite by die kantdeur ‘n brood beskikbaar wees vir die wat dit benodig. 8. Brood benodig: Tans kort ons 30 brode per week vir ons onderskeie projekte wat insluit Broodblik, Koffiekan en Skoolbroodjies. Brood word in die vrieskas gehou en alle skenkings sal opreg waardeer word. Baie dankie aan al die skenkings wat ons ontvang, dit help geweldig baie. 9. 27 September 2026 Gemeente Ete (Teelepelete) Kom kuier saam na die erediens vanaf 11:00. Bring ‘n gereg vir jou gesin (plus ‘n bietjie ekstra) en ons eet almal saam. Bring asb. eie drinkgoed en glase (eetgerei en nagereg sal verskaf word) 10. Besoeke Indien jy huisbesoek of siekebesoek benodig, kontak asb. jou kerkraadslid, Ds. Dirk of die kerkkantoor.