Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Woensdag, 13 Augustus, Dirk aan hierdie kant. Ons teksvers vanoggend is die bekende Spr 18:21: “Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.” Sommige gelowiges misbruik hierdie teks asof hulle dink da tons woorde magiese kragte het end at ons slegte dinge sogenaamd kan uitspreek end at dit dan sal gebeur. Maar nerens in die res van die Skrif kry ons so ‘n idee nie, en die Skrif verrklaar homself tog. Dan moet ons weet da tons besig is om verkeerd met Spr 18 om te gaan. So wat beteken die teks dan? Ek lees onlangs hoe iemand vertel hoe sy oom jare gelede hom altyd vir 'n goeie skoolrapport beloon het. Vir 60 persent het hy vyf rand gekry, vir 70 persent tien rand en vir 80 persent vyftien rand. Hy was gelukkig om altyd 80 persent te kry. Maar een keer kon hy dit nie haal nie. Hy het gedink, nou ja, daar gaan my vyftien rand. Maar sy oom het gesê: “Omdat jy moet weet dat jy ook van waarde is sonder dat jy 80 persent gekry het, gee ek tog vir jou die vyftien rand.” Hierdie insident vertel hoe God oor ons voel. Wie ons ook al is, hoe ons presteer of nie presteer nie. Voor God het ons altyd waarde. 'n Mens hoor van ouers wat erg negatief op hulle kinders se minder goeie rapporte reageer. “Jy sal ook nêrens kom nie! Kan jy niks goeds doen nie?” Ongelukkig merk 'n mens soortgelyke negatiewe uitsprake ook tussen ouers en paartjies op. Wanneer mense met sulke negatiewe kommentaar gebombardeer word, sal hulle naderhand wel dink dat hulle vir niks goed is nie. Ontvangers van sulke kritiek beleef dit as dat hulle afgeskryf en verwerp word. Dit bring pyn. Sulke ervarings kan jou lewe by jou bly en bydra dat jy dinge van jouself glo wat glad nie waar is nie – dat jy min werd is. Dis die mag wat in die tong le wat dit doen. Dis hoe ons daardie mag soms misbruik, om mense, en veral kinders, af te kraak, sleg te se en in die proses hulle beeld skade aan te doen. Kom ons let op die manier hoe ons praat. Ek moes daardie les weer onlangs op die harde manier leer. Sonder dat ons besef maak ons seer met ons tong, met ons woorde, want die Skrif se self, daar is krag daarin. Here, help my om ‘n wag voor my mond te he. Help my om net sagte woorde vir ander te he. Amen