Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore op hierdie Vrydag, 15 Aug. Dirk wat met u gesels. Ons lees in verskeie tekste in die Skrif da tons moet stil word voor die Here. Sag 2:13 se “Wees stil voor die Here, al wat leef!”. Die Psalmdigter se in Ps 63:7-8 “As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag,….” Christene wonder dikwels of hulle mag mediteer aangesien daar so ‘n sterk konnotasie tussen meditasie en die Oosterse godsdienste is. Dis tog interessant dat mense geneig is om kommunikasie dadelik met woorde te assosieer, maar ons kommunikeer dikwels in ons alledaagse lewe sonder om woorde te gebruik. Ons beduie met die hande of knik net die kop. ‘n Mens kan egter ook in stilte kommunikeer. ‘n Man en ‘n meisie sal bv net hande vashou, mekaar in stilte aankyk en mekaar se teenwoordigheid geniet sonder woorde. En presies Dieselfde geld ook vir ons kommunikasie met God. Ons kan met woorde bid, maar ons kan ook net stil wees en mediteer oor God en die dinge van God. Die eerste Christene het baie waarde aan meditasie geheg. Dit het veral in die geloofslewe van mans en Vroue in kloosters ‘n groot rol gespeel.die antieke teoloe het teksverse gebruik soos die wat ek aan die begin genoem het op grond waarvan hulle geglo het dat meditasie oor God ‘n belangrike rol speel in hulle geloofsvorming. Tekste ook soos Kol 3:2 en Fil 4:8 wat ons opdrag gee om ons gedagtes te rig op die dinge wat daarbo is, op alles wat mooi en rein en prysenswaardig is. Dit is meditasie oor God. Maar vir die eerste Christene het meditasie nie slegs behels dat hulle oor die dinge van God peins nie, maar hulle het ook dele van die Skrif oor en oor vir hulleself opgese ten einde dit op so ‘n wyse deel van hulle alledaagse lewe te maak. Ps 1:2 en Josua 1:8 verduidelik dat hulle die Woord da gen nag oordink het. Meditasie was reg van die begin af ‘n wesenlike deel van Christenwees en van die Christen se geestelike oefening. Ons as modern mense kan gerus weer die waarde vamn meditasie oor God en die Skrif in ‘n gejaagde wereld ontdek. Here, help ons om ons gedagtes da gen nag op U te rig en U woord te bepeins. Amen