Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Jare gelede was daar ‘n baie populêre liedjie en ek wil dit gebruik as ‘n beeld vir vanoggend. Om ‘n storie rondom te bou wat ek hoop jou sal laat dink. Ek dink dit was Willie Nelson wat dit gesing het, die country singer en ek dink Julio Iglesias ook, ek is nie seker nie en ek dink iewers het ek gesien ‘n paar wat dit saamsing, maar wel toe ek ge-google het, het Willie Nelson se naam opgekom. En die woorde is “To all the girls I loved before, who traveled in and out my door. I’m glad they came along.” Ag, en ek gaan liewers nie die res van die liedjie aanhaal nie, want eerlikwaar ek is nou nie mal oor die liedjie nie. Dis nogals ‘n catchy tune soos hulle sê. Ek dink dis eintlik immoreel en dis glad nie wat God bedoel het met verhoudings nie, maar daar is baie ander dinge in die lewe wat nie is wat God wil hê dit moet wees nie of wat God bedoel het dit moet wees nie. En dit sal mense maar oor rekenskap moet gee. Een so een is al die kinders en jongmense wat waarskynlik onder hulle ouers se druk, sonder hulle ouers se voorbeeld, deur die Sondagskool gereis het, selfs belydenis afgelê het, maar toe, soos hulle ouers, net weer verdwyn het. “Who traveled out of my door.” Hulle is die “girls we loved before”. Die wat nie gebly het nie of dalk nie wou bly het nie of dalk nooit die voorbeeld gehad het in hulle grootword-huise om God te leer liefkry en hulle lewens permanent vir God te gee nie, want geloof is ‘n liefdesverhouding met God en kerk is deel wees van Hom vir wie ons met ons hele lewe liefhet, Jesus Christus. En as jy dit nie verstaan nie en nie daardie liefde in jou het nie, dan word alles in die kerk leë belydenisse en liturgieë. En dan stap jy maklik by die deur uit. So hartseer soos dit is, is daar ook ‘n bietjie troos vir my en die ander wat biddend en pleitend en soms hoogs gefrustreerd die evangelie probeer oordra het. Troos in die wete ons het gehoorsaam aan God se goeie nuus oorvertel. So vir julle, ek dank julle. Ek haal my hoed af. So jaar of twee gelede stap ek by ‘n besigheid in en ‘n klein seuntjie herken my van huisbesoek en die eredienste af en, net soos ‘n kind kan, vertel hy vir my hulle gaan nie meer kerk toe kom nie. My ma sê hulle het ander dinge om te doen op ‘n Sondag, soos winkels toe gaan. En ‘n man wat naby gestaan het sê “ou seun, ek gaan nou ook al lankal nie meer na daardie kerk toe nie” En ‘n ander vrou chip in .. hulle ook nie. Okay, die vraag is nie, hoe antwoord jy die kind nie. Die vraag is ook nie wat sê ‘n mens nie. Die eintlike vraag is of jy innerlik huil oor wat mense aan Christus Jesus doen. Hoe hulle Sy leiding vererger deur hulle houdings en drewels, deur hulle voorkeure en afkeure. Iemand het eendag in ‘n lesing gesê “Soms moet jy vir sulke mense antwoord met ‘n “moet Christus regtig ook nog vir dit aan die kruis gelei het? Het Hy nie daar vir al die sondes wat ons nog sal doen ook gelei nie?”” Daar is vele ander wat nooit iets sê nie. Die wat nou so by die deur uitloop. Wat nooit iets sê nie, net verdwyn. By die deur uitstap en hulle liefde vir die wêreld se bevrediging gaan uitleef. Hulle eie gerief, selfliefde, die in-ding te doen saam met ander pelle, wat ook al. Dit raak dan hulle liefde en waarskynlik hulle afgod. Daar is ook mense wie se seerkry hulle laat uitstap het. En, nee God het dit nie veroorsaak nie ... mense het, maar hulle stap op God uit. Ek vermoed soos in Willie Nelson se liedjie het baie uitgestap, want hulle wou nie so verder gaan nie. Dit is intens hartseer vir die huisgesin van God, of dit behoort te wees en ook vir my, maar vir hulle ook. Dis ‘n seerkry wat nie vir hulle maklik was nie en toe gevoel stap moet hulle stap. Ook hieroor huil ek vandag. En so luister ek dan weer na Johannes. Ek hoor die apostel van liefde se woorde in 1 Johannes 2 vers 12 en verder. En ek gaan dit vir jou lees: “Ek skrywe vir julle, liewe kinders, omdat julle sondes vergewe is in die naam van Jesus. Ek skrywe vir julle vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was. Ek het vir julle geskrywe, jong mense, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die bose oorwin het.” Dit was vir my mooi. Ek is dankbaar hy het vir ons geskryf en ek hoor Johannes se vrese en dieselfde deel daar by Johannes 15 en hy sê: “Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in Hom nie. Die wêreld se dinge, alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld en die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen bly ewig lewe.” Ek huil vandag sommer net oor Christus so wreed moes ly, Oor mense wat net nie omgee nie, oor gelowiges wat nie wil verander en nuut wil leef in Christus nie. Ek huil oor kinders wat Christus nie ken nie, nie hulle bybels ken sedert die bybels uit die skool kurrikulum verwyder is nie. En nee, laasgenoemde, Bybelonderrig was nog nooit die staat se plig nie. Dit was en is elke ouer se plig en ek huil oor kinders wat leer dat in eksamens en skoolvakansies is dit okay om die eredienste te mis. En in skoolvakansies is dit okay om laat te slaap. God sal nog in die hokkie wees waar hulle verbeel hy is, sou hulle dalk wou terugkom. En soveel soos ek die liedjie van Willie Nelson verpes, soveel moet ek seker maar daaroor kom dat mense sukkel om Christus van harte lief te hê, dat hulle ten beste verdeelde fokus het. Dat ons Christus in die wêreld probeer liefhê en sommige het seker Christus nog nooit werklik lief gehad nie. En ek kan net bid dat hulle Christus mag ontdek, Sy wonderlike, ongelooflike groot liefde vir hulle. EN mag dit hulle lewe omkeer en laat blom soos nog nooit van te vore.