Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. ‘n Baie interessante aspek om na te kyk wanneer ons oor die nagmaal dink is om ‘n vergelyking te gaan tref tussen die bestaan van die apostels tydens die ontstaan van die Christendom en ons eie situasie vandag nie. En waneer ek verwys na die situasie vandag verwys ek na die feit dat mense nie meer vandag, soos in die tyd van die apostels, werklik die ontstaan en erfenis van ons Christelike kultuur meer omarm soos wat die geval was met die apostels nie. 2. Inteendeel, vandag vind ons eerder dat wanneer ons as Christene verwys na ons tradisie en oorsprong en kultuur ons eerder meer teenkanting van die wereld kry as respek. So wanneer ons kyk na Hand 4 moet ons weereens net so bietjie teruggaan in die boek. 3. Wat hier gebeur het is dat Petrus en Johannes die verlamde man genees het. Die man het by Mooipoort gesit en gebedel, en Petrus en Johannes het daar verbygekom. Aangesien dit ver van maandeinde was, was Petrus en Johannes op daardie stadium maar redelik “broke” gewees en Petrus se vir die man die bekende woorde: ““Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” 4. Die man het opgespring en God geprys en ‘n opstand hieroor het in Jerusalem ontstaan. Nou om die opstand te verstaan moet ons net so bietjie agtergrond kry oor die politiek van daardie dag. Alhoewel Jerusalem onder Romeinse heerskappy was is die Jode toegelaat om hulself te regeer wanneer dit gekom het by godsdienstige dinge. 5. En nou word Petrus en Johannes gevange geneem en voor die Sanhedrin gebring. En nou lees ons van vers 1 in Hand 4. “1Petrus en Johannes was nog besig om met die mense te praat toe die priesters, die bevelvoerder van die tempelwag en die Sadduseërs op Petrus-hulle afstorm. 2Die priesters en die ander was onthuts omdat die apostels die mense geleer het en verkondig het dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding 'n werklikheid geword het. 3Hulle het Petrus en Johannes gevange geneem, en hulle, omdat dit al laat was, in die tronk gesit tot die volgende môre. 4Tog het baie van die mense wat hulle prediking gehoor het, gelowig geword; en die getal gelowiges het aangegroei tot omtrent vyf duisend.” 6. Ons moet dit nie mis nie. Hulle genees die verlamde man en verkondig die evangelie en duisende mense kom tot die geloof. Ons lees verder: “5Die volgende môre het die raadslede, die familiehoofde en die skrifgeleerdes in Jerusalem vergader. 6Ook die hoëpriester Annas, en Kajafas, Johannes, Aleksander en al die ander lede van die hoëpriesterlike familie was teenwoordig. 7Hulle het die apostels voor hulle laat bring en hulle ondervra: “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” 8Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Raadslede van die volk, en familiehoofde, 9julle verhoor ons vandag oor 'n weldaad aan 'n siek man en oor hoe hy gesond gemaak is. 10Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan – dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het.” 7. Nou kyk mooi, Petrus is baie moedswillig hier. Hy kon net gese het dat die genesing gebeur het in die naam van Jesus Christus, maar hy doen dit nie. Hy gaan een stap verder en se “….die Jesus vir wie julle gekruisig het”. Hou nou in gedagte wat dit was wat hierdie Sanhedrin geirriteer het – vers 2 – “…..en verkondig het dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding 'n werklikheid geword het.” 8. So julle arresteer ons omrede ons in Christus die opstanding van die dooies verkondig!!! Die volgende dag voor die Sanhedrin noem hulle dit weer ”……. dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het.” So, deur wie se naam doen julle hierdie dinge? Jesus, vir wie julle gekruisig het en wat uit die dood opgestaan het. Vers 11 – “11 Hy is “die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. 12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Petrus en Johannes haal dan vir hierdie Sanhedrin vanuit die OT aan, die boeke van die Psalms en Jesaja waarvolgens hulle geleef het, om vir hulle aan te toon wie hierdie Jesus werklik was. 9. So hoe reageer die leiers? Vers 13 – “13 Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense.” Ons moet egter mooi verstaan dat hier nie bedoel word dat Petrus en Johannes ongeletterde mense was nie. Hulle het nie gepraat soos ongeletterde mense nie. Dis dieselfde mense wat vir ons boeke neergepen het soos 1 en 2 Petrus en die evangelie en briewe van Johannes saam met Openbaring! Hulle was beslis nie ongeletterd nie. Hulle kan lees en skryf! 10. Die woorde ongeleerde en eenvoudige mense beteken nie dat Petrus en Johannes geen geleerdheid gehad het nie. Dit beteken dat hulle nie die REGTE geleerdheid gehad het volgens hierdie klomp Jode nie. En die Sanhedrin herken die 2 as mense wat saam met Jesus was. En dit tel teen hulle. Hulle word eenkant toe geskuif. 11. Hulle het nie die regte geleerdheid gehad nie, nie die regte CV gehad nie, nie die regte ideologie nie, nie die regte werelduitkyk gehad nie. En die ergste van alles is hulle volg Jesus! Die een van wie hulle net onlangs ontslae geraak het. Hulle word eenkant toe geskuif. Gemarginaliseer! 12. Gebeur dit nie maar met ons ook vandag nie? Ons is mos “daardie” mense, “daardie” Christene. Jy kan so geleerd wees soos jy kan. Jy gaan steeds eenkant toe geskuif word as dit aan die lig kom dat jy saam met Jesus is. Jy mag dalk “’n” geleerdheid he, maar dit sal nooit die “regte” geleerdheid wees as jy nie leef vanuit ‘n wereldse oogpunt nie. 13. En die wereld is lief daarvoor om mense as voorbeeld te gebruik wat se dat hulle Christene is maar nie so leef nie. HIER IS DIE CHRISTENE MET WIE ONS ‘N PAD KAN STAP. HULLE IS NIE “NARROW MINDED” SOOS HIERDIE ANDER CHRISTENE NIE. HULLE WERELDUITKYK IS IN LYN MET ONS S’N. ONS, DIE WERELD, KAN ‘N PAD MET HULLE STAP. Maar as jy ‘n uitverkoopte, vuurspuwende volgeling van Christus is, dan word jy eenkant toe geskuif deur die wereld. En spesifiek in vandag se tyd word ons eenkant toe geskuif, gemarginaliseer, wanneer ons weier om agteroor te buig en sonde te akkomodeer. Dan word ons beskou as die ongeleerde en eenvoudige mense. Want ons het nie die “regte” geleerdheid nie. 14. En dis wat hier met Petrus en Johannes gebeur. Slim en geleerde mense, maar wat volgens die trent van die dag ongeleerd en eenvoudig is. 15. Vers 14 – “14 En toe hulle nog boonop die gesonde man by die apostels sien staan, kon hulle niks teen hulle inbring nie.” Hulle kon niks bevraagteken wat Petrus en Johannes gese het nie want hier staan die verlamde man dan! Hoe het julle hom genees? Deur Jesus wat deur julle gekruisig is maar deur God lewend gemaak is. Se julle ons het nie??? 16. Kom ons lees verder – “15Die raadslede het hulle toe beveel om die raadsaal te verlaat en het die saak met mekaar bespreek. 16“Wat gaan ons met hierdie mense maak?” het hulle gevra. “Dat 'n onmiskenbare wonder deur hulle plaasgevind het, is vir al die inwoners van Jerusalem duidelik. Ons kan dit nie ontken nie.” Ons MOET iets doen, ons kan nie niks doen nie. Ons kan nie neutraal staan nie, het hulle vir mekaar gese. 17. Hierdie man is in die openbaar genees. En ongeveer 5000 mense het hierdie Jesus begin volg. Ons kan nie hierdie saak net daar laat nie. Ons moet iets doen! En dis maar dieselfde vir ons vandag. Ons kan nie neutraal staan teenoor die evangelie nie. Maar ongelukkig is so baie Christene vandag onder die wanindruk dat as ons maar net ons koppe omlaag hou, nie te veel stof opskop nie, net kerk toe gaan, as ons net dit doen, sal die res van die wereld ons uitlos. 18. Maar die wereld gaan nie. Het u dit in die laaste tyd gesien? Dis nie meer vir die wereld genoeg as jy net stilbly nie. Die wereld dring nou daarop aan dat ons as Christene die knie moet buig! Die tyd van neutraal staan is verby geliefdes. By die werk, in die skool, selfs by die kerk. Die onderwys sisteem het reeds bevestig dat vanaf volgende jaar kan ‘n kind selfs in laerskool identifiseer as wat hy of sy ookal wil. Ons kinders word op skool geleer dat daar nie ‘n Skepper was nie maar dat die aarde geevolusioneer het. Per ongeluk. 19. En ons gaan dit of moet aanvaar of daarteen praat, maar neutraal kan ons nie meer wees nie. Ons moet standpunt inneem. As u gedink het u gaan ongeskonde hieruit kom sonder om standpunt in te neem teen dit wat God in sy Woord verbied vandag, wag daar ‘n groot verrassing. Hoekom? Kom ons lees vers 17! 20. “17 Maar om te voorkom dat hierdie dinge nog verder onder die volk versprei, moet ons hulle met dreigemente verbied om weer in die Naam van Jesus met iemand te praat.” 18 Daarna het die Raad die apostels weer laat inkom en hulle beveel om glad nie verder in die Naam van Jesus iets te verkondig of te leer nie.” 21. En nou is dit belangrik om te sien wat die Sanhedrin NIE gese het nie. Hulle het nie vir Petrus en Johannes gese dat hulle moet ophou om mense te genees nie. Julle kan almal genees wat julle pad kruis, moet net nie weer in die Naam van Jesus praat nie! Die NAAM is die probleem! 22. Kan ek in my toespraak verwys na Buddha? Ja beslis, mense gaan dink jy is geestelik. Kan ek verwys na Confucius? Doen asseblief, mense gaan dink jy is baie intelligent. Kan ek Jesus aanhaal? Nee asseblief nie, want godsdiens het ‘n ander plek. Kerk en staat moet geskei word. Jy kan enigiemand kwoteer, maar jy mag nie DAARDIE NAAM gebruik nie. 23. Die feit dat Jesus God is, is ‘n probleem vir die wereld daarbuite. Jy kan almal aanhaal wie jy wil, moet net nie daardie NAAM gebruik nie. 24. Vers 19 – “19 Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God.” So Petrus en Johannes se vir hierdie Sanhedrin: Ons erken en respekteer julle outoriteit. Ons verstaan julle het ‘n besluit wat julle moet maak. MAAR……”20Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.” Julle het ‘n besluit om te maak en ons respekteer dit. So maak julle besluite. Maar ons het ook iets om te doen: Hier langs ons staan ‘n man wat gister nog nie kon loop nie en vandag kan hy loop agv van die Naam wat julle ons verbied om te verkondig? Waar is die logika hierin? 25. En in die kerk en onder gelowiges doen ons dit vandag nog. Het u al die volgende by gelowiges gehoor? EK SAL MET MY LEWENSTYL GETUIG! Moet net nie DAARDIE NAAM gebruik nie! Wel Petrus en Johannes het nie gese hulle sal met hulle leefstyl getuig nie. Hulle word verbied deur die godsdienstige regeerders van die dag om die Naam van Jesus te gebruik en hulle antwoord is: DIT KAN ONS NIE DOEN NIE! 26. Waarom? Want sonder die evangelie was daar ‘n man wat nou langs hulle gestaan het, wat gister nie kon loop nie maar vandag kan hy. Maar MET die evangelie is daar 5000 mense daarbuite wat gister nog verlore was maar vandag deel in die ewige lewe. 27. Wat is hulle reaksie? Vers 21 – “ 21Nadat die Raad die apostels daarby nog ernstig gedreig het, het hulle hulle losgelaat. Hulle het dit gedoen omdat hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie en vanweë die houding van die volk, want al die mense het God geprys oor wat daar gebeur het. 22Die man wat deur hierdie wonder gesond geword het, was immers al oor die veertig.” 28. Ek wil he u moet let op vers 21 - “ 21Nadat die Raad die apostels daarby nog ernstig gedreig het….”. So hoe werk dit vir julle uit Sanhedrin? Weet julle Petrus en Johannes, doen wat julle wil maar hou net op om in daardie Naam te preek! Wel, jammer, maar dit gaan nou nie vir ons moontlik wees nie. 29. As ons Christus bo alles, selfs bo ons eie lewe stel, hoe kan ons stilbly oor die NAAM? Elkeen van die apostels behalwe een het hulle lewens neergele vir hierdie Naam, maar omrede ons begin skaam word het hiervoor kan die wereldverhoog gebruik word om ‘n skande van sy Naam te maak. 30. Weet u dat meer mense in die laaste 150 jaar hulle lewens verloor het omrede hulle durf waag het om die Naam van Jesus te verkondig as in die 1800 jaar voor dit? Is dit nie tyd dat ons weer begin om vir mense te se waar ons hoop le nie, waarop ons staatmaak vir ons verlossing nie? Die apostels het dit in strate gedoen en 5000 mense het tot bekering gekom. In hoofstuk 2 is 3000 op een dag by die gemeente gevoeg. 31. Het ons begin skaam word vir die Naam van Jesus, die Een wat ons verkondig en bely het vir ons alles opgeoffer? Mag God verhoed dat ons mense se maag sal volstop en klere aan hulle lyf vir hulle gee sonder om ook die Naam Van Jesus aan hulle te gee.