Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. So die Jode in hierdie streek het vir Pilatus gehaat. Vir verskeie redes natuurlik. Pilatus was die een wat die Romeine verteenwoordig het, die onderdrukkers. Dis hulle wat die oorsaak was dat die Jode so swaar gekry het. Hulle het die Jode se land beset. 2. Maar dinge lyk vreemd en uit plek uit. Pilatus blyk reeds oortuig te wees dat Jesus onskuldig is. Maar hy het ‘n probleem. As hy weier om te doen wat die skare vra mag dit ‘n opstand veroorsaak. 4. En dis een van die belangrikste dinge wat Pilatus juis wou vermy. Om vrede in sy streek te handhaaf was sy primere doel en indien ‘n opstand sou ontstaan sou hy wat Pilatus is baie vinnig sy posisie verloor het. 5. En volgens Johannes is Pilatus, ten spyte van al die onrus en opstand wat broei, ten spyte van die groot verantwoordelikhede wat op sy skouers rus en die feit dat hy die vrede moet bewaar, bekommerd net oor een ding: WAT IS WAARHEID? En dis ‘n vraag wat nie net Pilatus gevra het nie, maar wat mense vandag nog vra. Oor die eeue soek almal na die sin van waarheid. Filosowe het in die antieke tyd met hierdie vraag geworstel en baie het gesterf sonder dat hulle ooit die antwoord daarop gekry het. Paulus praat in 2 Tim 3:7 van mense wat nooit tot die kennis van die waarheid kom nie. 6. Vir baie mense is die hele lewe so. Hulle lees en studeer en filosofeer en praat en luister, maar vind nooit die waarheid soos hulle dink dit moet wees nie. As Pilatus maar net by was toe Jesus ‘n kort rukkie tevore in hoofstuk 17 gebid het. As hy maar net Jesus se gebed gehoor het kort voordat Hy na die Tuin van Getsemane toe gegaan het saam met sy dissipels. 7. Want in daardie gebed sou Pilatus Jesus hoor se het: “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid…………….. ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid (woord) (ALETHEIA) aan U toegewy kan wees.” Jesus gebruik hierdie selfde Griekse woord wanneer Hy Homself later voorstel as “…..die weg, die waarheid en die lewe.” Johannes begin sy evangelie met dieselfde beginsel dat die Woord het mens geword en onder ons kom woon en ons het sy heerlikheid aanskou. En die Hebreerskrywer vat dit mooi saam in 1:1 wanneer hy se dat God in die laaste dae met ons praat deur sy Seun. Die Woord. 8. Sommige mense haal Joh 8:32 so maklik aan as hulle die impak van die praat van waarheid wil verduidelik. Joh 8:32 se dat die waarheid sal jou vrymaak. Maar inderwaarheid het dit niks te doen met waarheid praat nie. Die teks gebruik ook die woord ALETHEIA vir waarheid. Hierdie vers se eintlik dat die Woord, Jesus, jou sal vrymaak. Vrymaak van sonde, want dis waaroor die breer konteks gaan. Dit het niks te doen met waarheid praat nie. Alhoewel daar ander skrifte daarvoor is…. 8. Pilatus sou die waarheid vind as hy net na die waarheid geluister het wat voor hom gestaan het. Die Woord van God wat Mens geword het. En so soek baie mense vandag nog na die waarheid. Gelowiges ook. En ironies genoeg, terwyl ons sit vandag met die geopenbaarde Woord van God in ons huise, op ons selfone of tablette, soek ons steeds na waarheid…..? 9. U Woord is die waarheid! Geliefdes, God het ons nie aan ons eie genade oorgelaat om te probeer ontsyfer wat die waarheid is nie, ook nie wat die waarheid tot die ewige lewe is nie. Hy het dit in detail vir ons gegee. Ons verantwoordelikheid is om ‘n liefde en passie vir die waarheid van God’s woord te kry, dit te bestudeer en daarvolgens te leef. Dan gaan ons nie verdwaald wees soos so baie van diegene wat tot die dag van hulle dood hieroor filosofeer en wonder en praat maar uiteindelik sterf sonder om die waarheid te vind nie. 10. God het die waarheid in sy Woord vir ons nagelaat. Daarom dat ons as gemeente ook hierdie maand soveel tyd aan die Skrif spandeer. Mense het begin om die krag van die Woord van God te verloor. Na die voorval met die Seuns van Skeva skryf Lukas “So het die woord van die Here sy krag getoon en al hoe verder versprei.” In Hand 6:7 lees ons dat die Woord van God verder versprei het en die gevolg daarvan is dat die getal gelowiges in Jerusalem geweldig toegeneem het as gevolg van die Woord wat verkondig is! Daar is krag in die Woord van God! 11. Die Bybel is nie net nog ‘n verhaal nie, nie net nog ‘n boek wat op die boekrak stof opgaar nie. Dis God wat self aan die woord is. Wat ‘n voorreg het ons nie dat die Almagtige God, Skepper van hemel en aarde, dit goedgedink het om met ons praat nie? 12. Ons het verlede week gesien dat die feit dat ons vandag geseend is met die Skrif soos dit is, niks anders as ‘n wonder van God is nie. Maar waar kom hierdie woord vandaan, hoe het dit tot hier gekom en wat is die impak daarvan in die wereld? Daarvoor het ons vir ds Pierre Du Plooy van die Bybelgenootskap genooi…….