Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. So Matteus het, soos al die ander evangeliste, sy evangelie met ‘n bepaalde doel geskryf. Hy het geskryf aan die Jode en die doel wat hy voor oe gehad het was om aan hulle te wys dat Jesus die Koning van die Jode was. Dat Hy die Messias was wat almal verwag het. En Matteus doen dit deur sy evangelie te begin met die geslagsregister van Jesus. Geslagsregisters was baie belangrik in die Bybelse tyd. 2. Vir Israeliete was dit die bewys van hulle oorgeerfde status as rasegte Jood. ‘n Suiwer bloedlyn was in Israel baie belangrik gewees. Ware Israeliete se geslagsregisters het aangetoon dat daar geen gemengde of heidense bloed in hulle are was nie. En in die geslagsregister van ware Israeliete is slegs die name van mans aangebring omrede vroue as tweederangse burgers beskou is. Matteus blyk dit, gaan uit sy pad om 5 vroue in te sluit by Jesus se geslagsregister. 3. Om vroue se name in geslagsregisters te meld was om die minste te se, skokkend. Die ergste van alles is dat vier van hierdie vyf vroue nie eens Israeliete was nie. Hulle was nie Joods nie! Dit was lasterlik om die minste te se. Maar Matteus sluit hulle in. 4. ‘n Mens is maklik geneig om verby hierdie geslagsregisters te lees en te dink dat dit onbelangrik is. Wel, dit kan nie verder van die waarheid wees nie. In die eerste plek is daar geen deel van die Bybel wat onbelangrik is nie. As Paulus aan Timoteus se dat die HELE Skrif deur die HG geinspireer is, dan sluit dit beslis sekerlik die geslagsregisters in wat ons hier en in Lukas 3 vind. 5. Hierdie geslagsregister is om verskeie redes belangrik. Eerstens bevestig dit dat Jesus ‘n historiese persoon was wat bestaan het, wat werklik geleef het, selfs iemand met ‘n volwaardige voorgeslag. 6. Tweedens maak Matteus deur hierdie geslagsregister die aanname dat Jesus histories en volgens sy bloedlyn, in elke aspek, is wie die evangelie se Hy is. Indien hierdie geslagsregister nie waar was nie, was Jesus nie die beloofde Koning van die Jode nie en as Hy nie die Koning van die Jode was nie, het God se beloftes gefaal en het ons nie ‘n Verlosser gehad nie. 7. Maar wanneer ons die geslagsregister van nader bekyk sal ons sien waarom dit so ‘n belangrike deel vorm van die hele Matteus evangelie. Eerstens, kom ons kyk na vers 1 van Matteus 1. Daar staan “Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham”. So ons almal weet dat Abraham was die groot vader van die Jodedom en die familie van Jesus het hieruit afgestam. Die Jode herinner tog in die NT die hele wereld gereeld daaraan dat hulle die kinders van Abraham is. 8. En God het aan Abraham sekere beloftes gemaak tydens die sluit van die Verbond. God het aan hom belowe dat hy die land Kanaan in besit sal neem. God het ook aan Abraham belowe dat hy ‘n nageslag sal he so veel soos die sand aan die see wat in hierdie land sou woon. En Hy het ook belowe dat vanuit hierdie nageslag sal die Verlosser van die wereld gebore word. Hierdie Verlosser sou die Een wees wat die vloek wat op die mensdom rus sedert die Tuin van Eden, omkeer. 9. En nou belowe God vir Abraham dat dit deur sy nageslag sal wees dat hierdie Verlosser gebore sou word. En daarom begin Matteus sy geslagsregister met Abraham, want dis deur Abraham se nasate dat hierdie belofte vervul sou word. Daarom noem hy Jesus die seun van Abraham. Maar Jesus is ook die seun van Dawid. Soos ons deur die lys name gaan sien ons dat die bloedlyn strek vanaf Abraham, deur Isak, Jakob, deur Juda tot by Dawid. 10. Dawid was die grootste koning wat Israel nog gehad het. Ons sal onthou dat God Saul van sy troon verwyder het en Dawid aangestel het, ‘n man na sy eie hart. En in 2 Samuel 7 asook Ps 89 sien ons hoe God aan Dawid belowe dat sy nageslag vir ewig sal voortduur en dat die troon van die Messias vanuit sy nageslag sal kom. 11. Israel het vir duisende jare hiervoor gewag. Dat die Verlosser sou kom vanuit die nageslag van Dawid. Johannes beskryf Jesus daarom as “…die Leeu van Juda, die Afstammeling van Dawid…”. Hierdie geslagsregister, selfs die eerste vers daarvan, wys vir ons dat ons Verlosser se koms na hierdie aarde ‘n vervulling was van die beloftes wat God gemaak het. 12. Tweedens, soos wat jou oog gly oor die lys van name in hierdie geslagsregister, is daar bekende maar ook onbekende name wat uitstaan. Maar wanneer jy dit lees kan jy nie wegkom van die feit dat baie van hierdie name uitstaan as gevolg van die verhale oor hulle sonde teenoor God nie. Onder normale omstandighede sou baie van hierdie name slegs ‘n lys van goddelose sondaars gehaal het. Beslis nie Jesus se geslagsregister nie. 13. Ons vind vir Juda, wat ‘n kind by sy eie skoondogter Tamar gehad het. Ons vind vir Ragab, ‘n prostituut wat vir die soldate gelieg het oor die verspieders. Ons vind vir Dawid wat sy seun Salomo verwek het by ‘n vrou wat hy gesteel het deur haar man te vermoor. Ons vind dan die einste Salomo wat van God weggetrek is deur die vroue wat hy getrou het tot die punt waar hy afgode begin dien het. Rehobeam, wie se trots en arrogansie veroorsaak het dat die volk van God in twee geskeur het. 14. Ussia, wat as melaatse en in skande gesterf het omrede hy gewaag het om in die tempel in te gaan en ‘n offer te bring terwyl hy nie ‘n priester was nie. Agas het in afgodediens verval. Manasse en sy seun Amon wat groot groepe Israeliete laat vermoor het en Jojagin wie se opstandigheid teenoor God gelei het tot die wegvoering van die volk in ballingskap. 15. Nou as jou doel was om ‘n indruklwekkende geslagsregister op te stel sou hierdie beslis nie die mense gewees het wie jy sou ingesluit het nie. Hou in gedagte, in Jesus se dae was ‘n geslagsregister soos ‘n CV vir ons – jy wys vir die wêreld wat jy werd is. Geslagsregisters was vir die antieke mense baie belangrik. Waarom? Omdat hulle geglo het dat die bloed wat in jou are vloei jou karakter direk bepaal. Jy word met sekere eienskappe gebore. As jy dus weet uit watter “bloedlyn” of geslag iemand gebore is, sal jy sommer ook baie weet oor sy persoonlikheid en wat jy van hom of haar kan verwag. 16. Maar juis omrede geslagsregisters alles van jou vertel het soos ‘n CV, is geslagsregisters dikwels gekook – die slegte dele is weggelaat en die goeie dele is opgeblaas. Hulle word so saamgestel dat almal dink dat hierdie ‘n wonderlike persoon is. Jy noem nie daardie oom wat die grootste deel van sy lewe in die gevangenis deurgebring het as jy ‘n goeie indruk wil maak nie. 17. Maar Jesus het aarde toe gekom as Iemand wat Homself geidentifiseer het met die mensdom se sondigheid. Hy was nie sondig soos ons nie, maar Hy het presies geweet waarom Hy moes kom. 18. En dan sien ons in vers 16 dat die woordorde skielik omgeruil word wanneer Josef voorgestel word. Daar word nie soos in die ander verse gese dat Josef die vader van Jesus is nie, maar daar word gese dat hy die MAN IS VAN MARIA UIT WIE GEBORE IS JESUS WAT CHRISTUS GENOEM IS. Matteus maak dit duidelik dat Josef nie die fisiese vader van Jesus is nie. Wat hy wel hier se is dat alhoewel Maria Jesus se moeder was en Josef nie sy vader nie, was Josef wel Jesus se vader in ‘n regsopsig. Hy was steeds wettiglik Jesus se vader, deur aanneming. 19. En hierdie is baie belangrik. Deur hierdie geslagsregister se Matteus dat Jesus wel die koninklikheid van Dawid geerf het omrede Hy uit Dawid se nageslag gebore is, maar omrede hy nie deur die saad van Josef gebore is nie, het Hy nie die sondige natuur van die mens geerf nie. Inteendeel, omrede Hy deur die HG verwek is het Hy sy goddelikheid behou. Daarom dat die engel in Luk 1:35 se dat hierdie Kind Heilig sal wees. 20. MAW Jesus is in ‘n sondige wereld ingebore, maar Hy was sonder enige sonde. Hy was deel van hierdie sondige wereld, op alle manière aan dieselfde versoekings as ons onderwerp (Heb 4:15), maar tog het Hy nooit gesondig nie. 21. Maar daar is ‘n laaste aspek van die geslagsregister wat baie belangrik is. Sekerlik ‘n ongelooflike wonderwerk wat ons so maklik in die Bybel mis. Om werklik God se wysheid in hierdie geslagsregister raak te sien moet ons hierdie verstaan. So bly asb by my as ons die laaste punt bespreek. 22. God het ‘n probleem gehad. ‘n Geweldige groot probleem. En hierdie probleem los Hy op deur hierdie geslagsregister. U sien, as Jesus gebore sou word as die fisiese seun van Josef, maw as Jesus deur Josef verwek sou gewees het, sou Hy nie die Verlosser kon wees nie. Want dan sou Jesus soos alle ander mense onderworpe gewees het aan die vloek wat op die hele mensdom gerus het sedert die Tuin van Eden. Maar terselftertyd moes God toesien dat Jesus vanuit die nageslag van Dawid gebore word, want dit was so geprofeteer en God het dit aan Dawid belowe. Sien u God se probleem? Josef kom uit die nageslag van Dawid, maar as Josef vir Jesus verwek het sou Jesus met dieselfde oorgeerfde sonde as al die mense gesit het. 23. So die probleem wat God moes oplos is om te sorg dat Jesus wel vanuit die nageslag van Dawid gebore word, maar dat Hy nie onder die vloek van sonde was wat op elke mens gerus het nie. Want dit sou Hom verhoed het om Verlosser te wees aangesien die Verlosser van die mensdom sonder sonde moes wees. 24. En hier kom die probleem. In vers 12 van Matt 1 lees ons die volgende: “En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel”. Onthou die naam Jojagin. Hy was koning van Israel toe Israel in ballingskap weggevoer is. Maar God het Jojagin en sy nageslag vervloek in Jer 22. Luister Hierna: “So seker as Ek leef, sê die Here, al was jy, koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, 'n seëlring aan my regterhand, Ek sal jou uitruk. 25Ek sal jou uitlewer aan dié wat jou wil doodmaak, aan dié vir wie jy bang is: in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en in die mag van die Galdeërs. 26Ek sal jou en jou ma wat jou in die wêreld gebring het, in 'n vreemde land gooi waar nie een van julle gebore is nie, en daar sal julle sterf. 27Julle sal nie terugkom na die land toe waarna julle sal verlang om terug te kom nie. Is hierdie man Jojagin 'n weggooiding, 'n gebreekte kleipot wat niemand wil hê nie? Waarom is hy en sy kinders dan weggegooi? Waarom is hulle gegooi in 'n land waarvan hulle nie tevore geweet het nie? Land, land, land, luister na die woord van die Here! So sê die Here: Teken by die naam van hierdie man aan: 'n man sonder troonopvolger, 'n man wat in sy lewe niks sal bereik nie, want niemand van sy nageslag sal op die Dawidstroon sit nie, hy sal nie oor Juda regeer nie.” 25. Maar onthou, Jojagin is deel van die nageslag van Dawid, en God het aan Dawid belowe in 2 Sam 17 dat sy nageslag sal vir ewig op die troon wees. Uit hom sal die koning van die Jode wat die Verlosser gaan wees voortkom. En as Jesus nie uit die nageslag van Dawid kom nie sal die profesiee oor Hom onwaar wees en kan Hy ook nie die Koning van Jode wees nie. En dis tog wat Matteus vir die Jode aan wie hy skryf wil duidelik maak. 26. En as Jesus die fisiese kind van Josef was wat uit Josef se saad gebore is sou Hy nie die koning van die Jode of die Verlosser kon wees nie as gevolg van die vloek wat op Jojagin en sy nageslag rus. En die wyse waarop God hierdie probleem oplos is ‘n wonderwerk opsigself. Kyk Hierna. 27. As jy kyk na Matteus se geslagsregister sien jy dat Josef gebore is vanuit die nageslag van koning Dawid deur sy seun Salomo. Maar daar is ‘n ander geslagsregister wat ons in Lukas 3 vind. En daar is ‘n verskil tussen die twee. Want Matt 1:16 se vir ons dat Jakob die vader van Josef was, maar Luk 3:23 se weer dat Josef die seun was van Eli? Hoe werk dit? Wel, dit was God se groot plan! 28. Jakob was wel Josef se biologiese vader, maar Eli was Josef se skoonpa, Maria se vader. MAW Matteus gee vir ons Jesus se geslagsregister deur Josef en Lukas gee dit vir ons deur die geslag van Maria. En Maria was ook gebore vanuit die geslag van koning Dawid, maar vanuit die geslag van Dawid se ouer seun Natan vgl vers 31 van Luk 3. Beide Salomo en Natan was Dawid se seuns, maar Salomo se nageslag het die reg gehad op koningskap en nie Natan se nageslag nie. Dis waarom Salomo koning geword het na Dawid. 29. MAAR, hier is die probleem. AGV Jojagin was Salomo se nageslag vervloek en het God belowe dat niemand uit Salomo se nageslag ooit weer die troon sal bestyg nie. Natan se nageslag het ook afgestam van Dawid af, maar sy nageslag was nie onder dieselfde vloek as Salomo s’n nie. Maar omrede Natan nie koning geword het na Dawid nie, het hulle nie die koningskap besit nie. 30. En so het God dit bewerk dat Jesus dan gebore is eerstens sonder die invloed van die vloek van Eden omrede Hy nie deur ‘n mens verwek is nie, tweedens steeds as koning uit Dawid se nageslag waardeur die koningskap gevloei het, maar ook vanuit Natan se nageslag wat nie onder die vloek was waaronder Salomo was nie. En beide Salomo en Natan was die nageslag van koning Dawid. Profesie vervul! 31. Jesus is in die mensdom in gebore met die volle koningskap van Dawid. Maar net sy geboorte vanuit ‘n maagd kon moontlik maak dat Hy eerstens hierdie koningskap beerwe, maar ook terselftertyd Verlosser kon wees, aangesien Hy nie deur ‘n mens met ‘n sondige natuur verwek is nie, maar deur die HG. 32. Geliefdes, ek hoop en bid dat ons voortaan met ander oe na die geslagsregister van Jesus sal kyk. Dat ons sal besef dat God reeds in Jesus se voorgeslagte, lank voordat Jesus in ‘n krip gekom het reeds besig was om ons verlossing te bewerkstellig. Ons volmaakte verlossing! 33. God is nie onkant gevang met Jojagin se verskriklike sonde nie. Hy is nie onkant betrap met die optrede van al die boosheid in sy geslagsregister nie. Hy is nie van stryk gebring deur al Josef en Maria se voorvaders se verkeerd besluite nie. Sy plan wat Hy gemaak het reeds in die Tuin van Eden om die mensdom uit hul sonde te verlos, het nie ontspoor nie. Goddank daarvoor. En dis werklik net God wat hierdie plan kon bedink het. 34. Soveel meer rede om hierdie Kersfees met vreugde in te gaan. Soveel meer rede om die geboorte van die langverwagte Verlosser met vreugde te vier. Dankie Here!