Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Die volgende twee aande wil ons graag gesels oor dit waaroor gelowiges, veral in die Gereformeerde kerke, die meeste vrae het. En dis my hartsbegeerte dat ons nie mense se menings en opinies hiervoor sal kry nie maar dat ons werklik soos altyd groot erns sal maak met wat die hele Skrif hieroor se. Soos ons gese het is dit die Olifante in die vertrek wanneer dit kom by die Persoon en die werk van die HG. En die HG is die persoon van die 3eenheid waarmee ons hierdie week besig is. 2. En om hierdie olifant aan te spreek gaan ons die vraag vra: “Maar wat van al die ervarings wat ons op sosiale media sien wat in ander kerke gebeur en toegeskryf word aan die werk van die HG?” Hierdie gelowiges dring aan daarop dat na bekering moet bekeerlinge bid om vervul te word met die HG. En dis dan hierdie sogenaamde tweede vervulling met die HG wat lei tot al hierdie snaaksighede wat ons sien. Ek noem dit spesifiek snaaksighede omrede ons nooit in die Skrif lees van die Apostels of enige nuwe bekeerlinge wat hierdie dinge beleef het nie. 3. Maar hierdie vervulling met die HG, of soms ook genoem die doping met die HG, is volgens hulle ‘n tweede geleentheid wat jou dan meer geestelik maak as wat jy tydens bekering ontvang het. En die bewys dat jy dan ‘n tweede keer met die HG vervul is, is dat jy dan in vreemde tale sal praat soos die Gees dit aan jou gee. Mis ons dan die Gees??? Of het ons nie die volheid van die Gees nie soos iemand eendag vir my gese het? 4. As die Here wil gaan ons die onderwerp rondom die Spreek in tale as gawe moreaand hanteer omrede dit ‘n onderwerp op sy eie is. Maar vanaand gaan ons kyk of gelowiges na hulle bekering steeds moet bid vir ‘n tweede vervulling met die Gees wat dan vir ons sodanig nuwe ervarings en belewenisse van die HG sal gee en of dit uit die Skrif regverdig kan word. 5. Baie gelowiges glo dan dat die Skrif van ons verwag om te wag op hierdie tweede vervulling met die Gees en dat die vervulling met HG iets is wat gereeld hierna plaasvind. Daar is heelwat teksverwysings wat hulle misbruik om hierdie punt te maak maar ons kan vanaand net stilstaan by ons teks in Handelinge 2. Hulle is oortuig dat Hand 2:4 slegs verwys na ‘n gedeeltelike vervulling met die HG en dat gelowiges steeds moet soek na die tweede doping met die Gees wat gepaard gaan met die Spreek in Tale. 6. Hierdie mense se argumente kom uit die feit dat Jesus reeds in Joh 20 wat ons sopas gelees het, die HG aan sy dissipels gegee het. En dat hulle op Pinksterdag die HG ‘n tweede keer ontvang het waarna hulle in tale begin spreek het en dit sou dan dui op die doping met die Gees. Iets waarna alle gelowiges moet soek en voor bid na hulle bekering. 7. ‘n Tyd gelede het iemand in die gemeente vir my gese dat sy soos ‘n tweedehandse Christen voel omrede sy nog nie ‘n tweede keer met die HG gedoop is nie. En as jy na hierdie mense luister voel jy in die proses maar redelik soos tweedeklas Christen, of moet ek liewer se, ons voel HG-loos. 8. In die verlede was ek in ‘n kerk waar ek die hele tyd aangepor is om te bid vir die doping met die HG en toe ek dit nie doen nie is ek as ongelowige uitgekryt. So, moet ons wag op ‘n tweede vervulling met die Gees en is dit wat die Skrif ons leer as ons na ons tekste kyk vanaand? 9. Miskien moet ons by die vraag begin vanaand of dit wat ons in Hand 2 gelees het rakende die uitstorting van die HG normatief is vir die kerk vandag. MAW is die dinge wat in Hand 2 beskryf word ‘n vereiste vir vandag of was dit ‘n eenmalige gebeurtenis in die kerk wat plaasgevind het tydens die oorgang van ‘n OV na ‘n NV? 10. Daar is volgens hierdie gelowiges drie dinge wat die kerk moet verstaan oor die doping met die HG. Eerstens is dit blykbaar ‘n geleentheid wat los staan van die ontvangs van die HG by wedergeboorte, tweedens word dit bevestig deur die spreek in tale en derdens is dit iets wat elke gelowige ernstig na moet soek. En hierdie is die basis vanwaar mense in hierdie kerke die evangelie verkondig. Jy is nie ‘n ware gelowige totdat jy hierdie dinge nie beleef het nie. 11. So kom ons kyk van nader na ons teks vanaand in Hand 2. Hierdie persone wys vinnig vir jou daarop dat die Apostels wat op Pinksterdag die HG ontvang het alreeds vir ‘n lang tyd gelowiges was. Hulle het dan in Joh 20 reeds die HG ontvang toe Jesus oor hulle geblaas het en het hier op Pinksterdag die tweede keer die krag van die HG ontvang wat hulle sou help om die wereld te verander. 12. Met een ding kan ons nie met hulle stry nie. Sekerlik was die apostels reeds gered op Pinksterdag. Jesus het tog vir hulle gese dat hulle name in die boek van die lewe opgeskryf is (Luk 10:20) en dat hulle reeds reggesnoei is deur sy woorde (Joh 15:3). Hulle was gelowiges. Maar voorstanders van die tweede doping met die HG beweer egter dat die apostels reeds die HG ontvang het in Joh 20:21-22 wat ons ook gelees het vanaand. Sodoende was die gebeure in Hand 2 volgens hulle ‘n hoër vlak van die Gees wat die dissipels ontvang het en is hulle hier vir die tweede keer gedoop met die Gees. En daaruit vloei al hierdie snaaksighede wat ons dan nou so in hierdie samekomste en op sosiale media sien. 13. Maar is dit wat in Hand 2 gebeur? En is dit wat Joh 20:21-22 beteken? Kom ons kyk net vlugtig wat gebeur in Joh 20. En hier is ons weer by ‘n reel van Bybeluitleg en dit is dat ons altyd ‘n teksvers in sy breer konteks sal verklaar. Eerstens se Joh 20:21-22 nie vir ons dat die dissipels die HG ontvang nie. Dit se slegs dat Jesus vir hulle se dat dit moet gebeur. Wat beteken dit? Eenvoudig dat Jesus hulle hier belowe dat hulle die HG sal ontvang om hulle toe te rus vir hulle sending om, soos die vorige vers se, hulle opdrag as gestuurdes uit te voer. En natuurlik gaan ons ook hierdie uitleg moet toets aan die res van die Skrif wat ons binnekort gaan doen. 14. Verder, wanneer ons na die res van hfst 20 kyk sien ons dat die dissipels duidelik nie die HG in die bokamer in vers 22 ontvang het nie. Slegs agt dae later verskyn Jesus aan hulle waar hulle – vol vrees – agter geslote deure wegkruip. Net meer as ‘n week nadat Jesus op hulle geblaas het en gese het dat hulle die HG gaan ontvang, het die dissipels nerens heen gegaan nie en niks gedoen wat enigsins kan aandui dat die krag van die HG in hulle lewens teenwoordig is nie. Inteendeel, hulle lewens tot en met Pinksterdag weerspieel juis die teenorgestelde eienskappe as wat hulle lewens weerspieel het NA Pinksterdag. 15. Maar die sterkste argumente dat die dissipels op Pinksterdag nog nie met die HG vervul was nie, vind ons in Hand 1. Ons moet ook hou by die reel dat konteks in die Bybel verder kan strek as bloot die hoofstuk waarmee ons besig is. In Hand 1:4, net voor sy Hemelvaart, maak Jesus sy dissipels bymekaar en gee aan hulle opdrag om Jerusalem nie te verlaat nie maar om te wag vir die Gawe soos die Vader belowe het. En vir ingeval ons dalk ander betekenisse gee omtrent wie die gawe is, maak Jesus dit duidelik in die volgende vers: “Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” 16. Dit wil blyk dat die Gawe waarvan gepraat word ook terugwys na Jesus se woorde in Joh 14:16: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, 17naamlik die Gees van die waarheid”. Dit was Jesus se belofte dat die HG sou kom. En in hfst 20:26 wanneer Jesus oor hulle blaas bevestig Hy weer hierdie belofte en wag die dissipels daarop. 17. Vier verse verder in die bekende Hand 1:8 vind ons Jesus se woorde aan sy dissipels, ook kort voor sy hemelvaart: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees….”. Die teks is duidelik dat dit nog iets is wat in die toekoms gaan gebeur. Hulle was steeds wagtend hierop. As hulle die Gees reeds in Joh 20 ontvang het sou hulle reeds die krag van die Gees gehad het en sou daar niks gewees het waarvoor hulle moes wag nie. 18. Nog ‘n baie belangrike teks wat vir ons bevestig dat gelowiges die HG eers op Pinksterdag vir die eerste keer ontvang het is natuurlik Joh 7:39. Jesus staan by die Huttefees op en offer die lewende water aan enigiemand wat wil kom drink. En Johannes verduidelik dat Jesus hier na die HG verwys het.: “Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. Hierdie teks se duidelik vir ons dat die HG slegs sal kom nadat Jesus verheerlik is wat dan tydens sy hemelvaart gebeur het. 19. Laastens moet ons kyk na die bekende Joh 16:7. “Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.” Jesus het natuurlik nie weggegaan tot en met sy hemelvaart nie. En sy boodskap is duidelik dat eers daarna sal die HG kom. 20. So ‘n deeglike studie van die HELE Skrif wil vir ons wys dat die HG op Pinksterdag die eerste keer uitgestort is en beslis nie voor dit nie. Ook nie op die dissipels nie. Ons moet ook in gedagte hou dat hierdie gebeure plaasgevind het tydens ‘n periode van oorgang in die geskiedenis van die kerk. ‘n Oorgang van die OV na die NV. Alhoewel die dissipels Jesus geken het was hulle steeds OT gelowiges. Hulle kon nie die inwoning van die HG verstaan of beleef het voor Pinksterdag nie. 21. Daar is geen aanduiding op enige plek in die Skrif dat gelowiges in die NT ‘n tweede keer met die HG vervul is nie. Ook is daar geen aanduiding dat ons ‘n tweede vervulling van die HG moet najaag of soek nie. Ons het in die week reeds gesien dat Paulus dit duidelik stel in Rom 8 dat alle gelowiges ten volle met die HG vervul is. Die HG kom nie in paaiemente nie want Hy is ‘n Persoon. Daarvoor is daar ook geen voorbeeld in die Skrif nie. 22. Geen apostel het op enige stadium in die Skrif na ‘n tweede of groter vervulling van die HG gesoek nie. Ook het geen apostel in die ontstaan van die kerk nuwe gelowiges aangemoedig om dit te doen nie. Pinksterdag was die begin van ‘n nuwe era vir die kerk op aarde. Dis nie gebeure wat oor en oor herhaal word nie. Jesus het gese dat die Vader die Voorspraak sal stuur om vir ewig by die kerk te bly. Nie voortdurend stuur nie. Eenmalig. 23. Geliefdes, die inwoning van die HG maak ons kinders van God. Die Hebreerskrywer se dat niemand kan se Jesus is die Here sonder die HG nie. En omrede die HG ‘n Persoon is soos ons vroeer gesien het, vervul Hy gelowiges nie bietjie vir bietjie nie. Jy het die VOLHEID van die Gees of jy het niks van die Gees nie. 24. Merill Unger skryf dat Pinksterdag gebeur het op ‘n spesifieke tyd, op ‘n spesifieke plek, op spesifieke mense, vir ‘n spesifieke doel om uiteindelik ‘n nuwe era aan te dui. Dit was ‘n eenmalige gebeurtenis en van hier af sou die HG elke gelowige ten volle vul. 25. Ons hoef nie minderwaardig te voel as ons hoor dat mense 2de en 3de ervarings met die HG gehad het nie. Miskien dui dit eerder daarop dat mense nie Altyd erns met die HELE Skrif maak wanneer dit kom by ‘n belangrike saak soos hierdie nie en dat enige teks aangegryp word om allerhande belewenisse en ervarings te probeer regverdig en dit aan die HG toe te skryf. 26. “Maar ek het hierdie ervaring met die HG gehad en jy kan nie se dat dit nie werklik was nie!”. Dit is al baie vir my gese. Maar hierdie is die goue reel: Ons moenie die Bybel interpreteer aan die hand van ons ervarings nie. Ons moet ons ervarings interpreteer aan die hand van die Bybel! Ons moet baie versigtig wees om nie die gesag en outoriteit van die Skrif te vervang met persoonlike belewenisse en ervarings. 27. Ons vind so ‘n mooi voorbeeld in 2 Pet 1. Vanaf vers 16 – 18 vertel Petrus aan sy lesers van die ervaring wat hy saam met Jakobus en Johannes en Jesus op die berg van verheerliking gehad het. U kan dit gaan lees in Matt 17. Wat ‘n ervaring moes dit nie gewees het nie!!! Petrus se dan vir sy lesers dat hy die stem uit die hemel self gehoor het. 28. Maar in vers 19 se Petrus iets wat vreemd is. Hy is besig om te praat oor sy geestelike ervaring op die berg en dan volg hy dit op met die volg woorde: “Hierdie gebeure daar op die berg het elke woord wat die profete in die Bybel sê nog sterker vir ons bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lig wat in die donker skyn.” (Die Boodskap) 29. ‘n Beter weergawe van die Grieks in vers 19 sou wees “Maar ons het nou ‘n sekerder Woord”. En dis die woorde van die profete wat in die Skrif opgeteken is. Petrus spog nie oor sy ervarings nie, maar hy se dat selfs hierdie ervaring wat hy op die berg saam met Jesus en die ander 2 gehad het, aan die hand van die Skrif verklaar moes word. 30. Ervarings en allerhande belewenisse bevestig nie geloof in God nie. Christus het gese aan jou WERKE sal dit duidelik wees of jy ‘n gelowige is. Aan die vrug van die Gees sal ons geken word. Daarom, as die vrug van die Gees in jou lewe sigbaar is en manifesteer, rus in die wete dat die HG dan in beheer van jou lewe is en dat jy geen rede het om minderwaardig te voel nie.