Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Matteus 6: 10 Laat U koninkryk kom. Het jy geweet dat die meeste gelykenisse wat Jesus vertel het gaan oor God se koninkryk? Dit is sekerlik een van die grootste onderwerpe in die Nuwe Testament. En ek en jy word die geleentheid gegee om daarvoor te bid. Sommer in die eerste sin is dit altyd duidelik dat ons ons vooropgestelde idees moet pos. Dit gaan oor God se koninkryk. Waar God volkome heers. Waar God regeer. Kom ons raak ontslae van ons vooropgestelde menslike idees. Ernstige gebed hiervoor word gevra. ‘n Soeke in gebed dat God jou lewe so mag verander dat Sy koninkryk deur ander gesien kan word in jou hele menswees. En omdat die wêreld so stukkend is pleit jy dat dit ook in jou omgewing mag kom. Feit: Die koninkryk van God het reeds gekom. Toe Jesus sy aardse bediening begin het het Hy gesê die koninkryk van God het nou naby julle gekom. En na die opstanding en hemelvaart is die koninkrtyk nie meer naby nie maar dit het in ons gekom. Die sleutelwoord is “in ons”. Tot met die wederkoms is die koninkryk nie sigbaaar nie behalwe in en deur die lewens van God se kinders. Jy kan die koninkrykslewe in ons lewens sien. Of jy is veronderstel om te kan sien dat dit is hoe iemand se lewe lyk wat deur God regeer word. Die koninkryk van God is heel eenvoudig gestel, daar waar dinge op God se manier gedoen en geleef word. Daar waar liefde en vergifnis heers. Waar God se wil verkies en geleef word. Dit is ‘n stukkie hemel hier en nou maar dit is onsigbaar vir ongelowiges. Hulle sien net iets die andersheid van hoe ons lewe. Die hartseer is dat in baie gelowiges se lewe het hierdie nuus nog nie tuis gekom nie. Hulle glo dat die koninkryk gekom het, maar hulle is nog nie oortuig dat dit sal werk in hulle lewens nie. Hulle glo in Jesus maar dit stop omtrent net daar. Hule hele manier is nog die van hul ou mens. Hulle is soos mense met twee paspoorte. Dubbele burgerskap: burgerskap van die wêreld en ook burgerskap van God se koninkryk. Natuurlik is dit ‘n illusie. Hulle bluf hulself. Dit help jou niks om ‘n burger van die koninkryk van God te wees maar jy leef volgens wêreld se standaarde. Geloof sonder werke is dood, skryf Jakobus. En die Opgestande Here se woorde aan sy kerk oor lou wees is ook ‘n waarskuwing. Wie glo leef soos Jesus. Die koninkryk van God kan jy slegs in gaan as jy wedergebore is deur die Gees. As, soos Paulus in Romeine 6 s jou ou mens saam met Christus gesterf het en jy saam met Christus opgewek is tot nuwe lewe. Ons praat van God wat met Sy Gees en genade in jou tuiskom en jou vernuwe. God doen dit. Daarom bid ons “Laat!”. Laat U koninkryk kom. Ek kan seker maar invoeg en nie my koninkryk nie. Met hierdie gebed gee jy Jesus alleen sê oor jou lewe. Kom ek illustreer dit met ‘n paar sketse. Skets 1. Ons het Sondag hieraan geraak. Skets 2 Sket s 1 en 2 wys die ou mens met sy mure om hom gebou. En dit wys tipiese reaksies op mense en gebeure. Reaksies wat op al Paulus se ou mens lysies genoem word. Wêreldse gedrag. Dit is waar jy nie wil wees nie. Kom ek gebruik Jesus se beeld van ‘n saadjie. Hier doen jy alles in jou vermoeë om die saadjie heel te hou. Wat hartseer is, is die mure om die eie-Ek. Selfgebou vir beskerming teen seerkry of vanweë seerkry. Maar ons sal dit nie laat gaan nie. Ons sal dit bly verdedig ten alle koste. Ook ten koste van Jesus en die evangelie. En dit maak dat ons nes die wêreld is. Hier is die loot of afgebreek van die wingerdstok of net deur genade vas aan die wingerdstok. Hier leef jy uit jou eie krag en vermoeë uit. Ek gebruik die uitbeeldings as ‘n grafiese oproep om ernstige te bid en te bly bid dat God se koninkryk in jou lewe meer sigbaar mag word. Kom ek wys jou hoe dit kan wees. Hoe treë ‘n burger van God se koninkryk op. En ja dit is vreemde gedrag vir Deneysville. Die skets wys dat die koninkryk reeds gedeeltelik in ons gekom het (sirkels wat oorvleuel). Nie heeltemal nie want soos Paulus moet ons bely met hartseer dat ons nog sonde doen (Rom 7). Die mure is amper heeltemal weg. Want God is my Rots en my Beskermer. In Christus Jesus ontdek jy ‘n lewe wat meer belangrik en kosbaar is as wat die wêreld jou ooit gebied het. Jy is so oorgegee aan God, so onder Jesus se bestuur dat jy jou nie steur aan mense se stories en dinge nie. Jy reageer net nie meer met woede nie. Jy het geen behoefte om jou self ten alle koste handhaaf of te verdedig nie. Want jy het tuis gekom in God. Jy kies vir God se manier. Jy het ‘n vrede wat nie weg gesteel kan word nie. Dit is koninkrykslewe. Jy maak nie van jou hart ‘n moordkuil nie. Jy vergewe. Jy het lief. Jy volg Jesus elke dag. Jy smag na God se teenwoordigheid. En nee, jy is nog nie daar nie ... jy is nog in die wêreld. Maar jy word al hoe minder wêrelds. Jy vind jou waarde in God. Hier in hierdie skets kan jy sien die loot is vas aan die wingerdstok en sal vrug dra. Die saadjie is besig om aan haarself te sterf sodat God ‘n groot oes kan voortbring. Die mosterdsaadjie is besig om ‘n boom te word waarin ander kan skuiling vind. Alles beelde wat Jesus gebruik het om die koninkryk mee te beskryf. Dit alles omdat jy alles ingegee het om daardie een pêrel wat so kosbaar is dat jy dit net moet hê, gekry het. Die pêrel waarvan Jesus gepraat het. Jy het alles verkoop om die land te koop waarin die skat is wat jy oop geploeg het. Laaste prentjie. Ons moet oorbeweeg van die een na die ander. Ons moet doelbewus kies om in God se koninkryk op God se manier te leef. Al maak die wêreld ook wat. Dit het die eerste Christene so laat uitstaan dat mense na die gemeente gestroom het. En ja, dat ander hulle gehaat het en vervolg het. As ons dan bid “Laat U koninkryk kom” dan is dit waarvoor ek bid in my eie lewe maar ook vir ons gemeenskap en land. Jy is besig om God te vra dat elke aspek van jou lewe, werk, kultuur, speel, gesin en en gehoorsaam uitgelewe sal word voor Hom. Ons as gemeente moet ‘n sigbare weerspieëling wees van God se koninkryk. U en ek moet bid. suurdeeg.....